ADAM SE PAPRIKA HOENDER IN ROOIWYN
Bestanddele:
8 hoenderporsies van jou keuse
2 groot aartappels in blokkies gesny
3 medium grootte wortels in stukkies gesny
1 gekapte ui
2 teelepels gerookte paprika
1 teelepel tiemie
1 teelepel cumin
¾ koppie rooi wyn
sout na smaak
Braai die hoender in ‘n kastrol met ‘n nie-kleef bodem op medium hitte, tot dit begin verkleur. Indien ‘n gewone kastrol gebruik word, moet ‘n klein bietjie olie eers daarin opgewarm word. Sodra die hoender begin verkleur, voeg die uie by en braai tot die uie begin sag raak. Voeg die paprika, cumin en tiemie by, asook die rooiwyn. Bedek die pot en laat stadig prut vir 10 minute. Voeg die wortels by en laat vir ‘n verdere 10 minute prut. Voeg die aartappels en sout laaste by en prut verder tot die aartappels sag is. Hou die vlak van die sous dop. Indien dit te droog begin raak, kan nog bietjie wyn of water bygevoeg word. Bedien met rys.
Bron en foto: Adam Cloete.