

ADAM SE MARSALA PATATS
1 eetlepel kookolie
2 medium grootte oranje patats (Jewel patats)
2 groot uie, in skywe gesny
3 eetlepels balsamiese asyn
2 eetlepels bruinsuiker
3 eetlepels Marsala wyn
1 ½ teelepel sout
Verhit die olie in ‘n wyeboom kastrol (verkieslik met ‘n nie-kleef bodem) en voeg die uie daarby. Stooi 1 teelepel sout oor die uie en laat dit braai oor medium hitte, tot die uie begin verkleur.
Verlaag die hitte en braai verder oor lae hitte vir nog *10 minute. Roer gereeld.
Voeg die bruinsuiker en asyn by en laat dit stadig prut vir nog ongeveer *10 minute tot die uie begin karameliseer.
Skil en sny die patats in dun skywe en voeg dit by die uie, saam met die ander halwe teelepel sout. Roer dit deeglik deur die uiemengsel.
Bedek die pot en laat dit kook / braai, terwyl nou en dan geroer word, vir ongeveer *10 minute. Voeg die marsala wyn by, roer versigtig deur en laat verder prut tot die patats sag is. Roer nogsteeds nou en dan maar wees versigtig wanneer die patats begin sag word. Indien die pot te droog raak, kan klein bietjie water nader aan die einde van die kooktyd bygevoeg word.
*Tye is by benadering. Dit kan verskil afhangende van die hittegraad waarmee jy kook. Ek gebruik ‘n medium tot laag verstelling op ‘n medium grootte gasbrander.
Resep en foto: Adam Cloete







Done