ADAM SE GEBAKTE CHAKALAKA BULLY BEEF TERT
Bestanddele
1 blikkie soutvleis (boeliebief) in klein stukkies gesny
1 blikkie chakalaka (sterkte van jou keuse)
1 blikkie Kerkerertjies (chick peas) gedreineer
1 medium gekapte ui
1 pakkie potato bake van jou keuse
¾ koppie melk
2 eiers
Metode:
Braai die uie tot amper sag in ‘n kastrol en voeg die soutvleis daarby. Braai vir nog ‘n paar minute en roer nou en dan. Voeg dan die kerkerertjies en die chakalaka by en laat prut vir ongeveer 15 minute tot die vloeistof aansienlik verminder het. Skep die mengsel oor in ‘n oondbak.
Meng die melk, eiers en potato bake deeglik en giet oor die soutvleismengsel. Bak by 180ºC vir 30 minute.
Bron en foto: Adam Cloete
2de Foto: Johan Steyn
Soos julle kan sien het hy gemengde groente bygevoeg wat demonstreer hoe mens lekker kan improviseer met die gereg.