SNOEKKOP SOP
My pa se snoekkop sop in wording.
Hy hou daarvan eenvoudig.
1 ui, tamatie, aartappel en wortel gerasper
Half teelepel elk borrie en kerrie.
2-3 lourierblare en peperkorrels.
1 teelepel elk sout en visspeserye .
1 eetlepel asyn.
Kook so 1 uur stadig in genoeg water om koppe te bedek, +/- 2L.
Skep koppe en alle bene uit met gaatjies lepel. Verdik sop met ‘n bietjie mielieblom.
Mens kan ook ‘n houertjie (200ml) room byvoeg om ryker te maak maar is heerlik net so.
Dis ‘n heerlike matige sop, indien sterker verkies kan meer kerrie en dalk bietjie rooipeper bygevoeg word.
Ek bedien dit met ‘n knoffel broodjie, en oupa kry die viskoppe om af te eet.
Soos die foto wys kook die tamatie heeltemal weg.
foto en resep: Susan Carstens Van Staden