

RICE KRISPIE TROUKOEK
Nooit Rice Krispie treats gemaak nie, want my kinders wou dit nie eet nie. Daar kry ek nou ‘n Rice Krispie troukoek vir hierdie naweek.
Resep:
100gr margarien saam gesmelt met 400gr marshmellows.
Roer 8 koppies (250ml) rice krispies in en druk met bottergesmeerde lepel plat in pan.
Sny in vingers.
2 teelepels vanilje by die mengsel is opsioneel.
Daar kom 2x 8 koppies rice krispies uit 1 groot boks. Ek het in totaal 3 groot bokse gebruik en 6x 400gr marshmellows.
FOTO EN RESEP: Irma Van Ellewee Swart






