MARIUS SE WIMPY RELISH
My weergawe van die bekende Wimpy relish
2 medium uie baie fyn gekap
3 knoffel huisies baie fyn gekap
1 blikkie tamatie relish
3 argurkies fyn gekap
100 ml rooi wyn asyn
1 tee lepel paprika
1 tee lepel origanum
3 tee lepels suiker
Sout en peper na smaak
1 proppie rooi voedsel kleursel (opsineel)
Braai uie en knoffel tot deurskynend. Voeg res van bestandele by en kook oor lae hitte. Ek het dit so 40 min gekook. Op die einde met n stick blender paar keer gepols net om laaste groot stukkies fyn te maak. Nie te lank nie anders verloor mens die ” crunchie” gevoel van die relish.
FOTO EN RESEP: Marius Prinsloo
geskuif