

MARIETJIE SE EKONOMIESE HOENDER PASTA GEREG
1 gaar hoender, fyn uitgepluis. Beentjies verwyder.
3 koppies gaar macaroni
2 uie
1 tteelepel crushed garlic en gemmer
2 pakkies Knorr sampioensous
2 eetlepels paprika
1 eetlepel olyfolie
Stel oond op 180ºC.
Braai die uie en garlic in die 1 eetlepel olyfolie, tot uie deurskynend en effe lig bruin is.
Meng nou die fyngemaakte gaar hoender, macaroni, uie en galic by.
Maak die 2 pakkies sampioensous aan volgens aanwysings op die pakkie.
Meng dit nou goed deur die hoender en macaroni mengsel.
Skep in vuurvaste bak.
Meng nou die paprika baie liggies bo op deur met ‘n vurk. Dit is net om bietjie kleur te gee. En die smaak kom ook lekker na vore in die oond.
Die sampioensous sal effens verdik en as die gereg effe verbruin is, kan dit uit oond kom.
Bron en foto: Marietjie Van Zyl






