LEKKER BRUINSOUS MET BISTO POEIER
I use one Knorr Stock pot, dissolve in 500ml water, add bisto (bisto + water) paste and cook through. I usually add pepper and other seasoning to taste
Bron: Hailey Bunge
Ek maak myne so. 2kop koue water. 1eetlepel bisto. 1eetlepel koekmeel. 1eetlepel worcester sous. 2eetlepels tamatie sous. Meng alles in koue water en kook dan saam. Roer aanhoudend tot dik Baie lekker oor vleis
Bron: Marie Greeff
Die lekkerste is as mens darem so ou vetjie of iets oor het in die pan van die vleis wat jy gebraai het of wat jy gekook het, dan maak jy net ‘n paste van bisto en koekmeel om die helfte en gooi water in die pot of pan waarin jy jou vleis gaargemaak het, en nou roer jy daai bisto mengsel daarby. skoon bisto sal ook werk maar dit is nie ‘n lekker sous nie, soos Hailey se gebruik dan ‘n bisto blokkie of iets. Ek vries al my sousies wat oor wanneer ek kos maak en dan gebruik en dit as basis vir my sous. skryf net op watse sous dit is, hoender of bees of skaap. Die aftreksel werk baie lekker om jou sous mee te begin, jy kan ook bietjie sop poeier soos by bruin uie sop bysit en ook bietjie tamatiesous as jy frikkies maak.
Bron: Rina Kleynhans
Ek meng my bisto met hearty beef en onion soppoeier en meelblom. Wanneer ek sous maak meng ek met water tot loperig Dan gooi bietjie worcestersous tamatie sous en bietjie blatjang of appelkoos konfyt gooi by jou vleis en laat prut.
Bron: Katryntji Nell
Ek vat gewoonlik n lee mayonaise bottel en meng dan daarin: 1 boksie Bisto, 2 pakkies bruin uie soppoeier, 1 pakkie wit uie soppoeier, 1 pakkie hearty beef soppoeier. Ek gebruik dan so eetlepel of 2 van die mengsel om vleissous in die pan of pot dik te maak vir n lekker sous of om sop lekker smaak te gee.
Bron: Michelle Joubert
Ek gebruik 1 pakkie elk bruin uie, wit uie en hearty beef soppoeier met n koppie meel gemeng. Meng nou jou pakkie busyo hierby. Gebruik dit dan wanneer jy n sousie wil dik maak en gebruik jou pansous met water by. Dit rek jou souspoeier en is baie lekker
Bron: Marieta James
Die grootste wenk is om die bisto met koue water te meng tot dit glad is. Voeg dit dan by die warm vloeistof in die pan. Dit maak klonte as jy dit in warm water pobeer meng.
Bron: Debbie Edwards
Ek los blokkie chicken stock op in 125ml kook water. Meng bisto in nog 125ml koue water en gooi by stock mengsel. Jy het nou 250 ml sous. Roer konstant tot sous dik word. Dit gaan baie vinnig.
Bron: Hannetjie Kotze
Foto: Ebay image
http://i.ebayimg.com/images/g/MG8AAOSwrb5XPiDm/s-l300.jpg