

AMERIKAANSE POTTING SOIL TERT
Resepte geplaas deur Lorette Grove en Dina Coetzee
4 bokse Swart Oreo koekies
2 bakkies maaskaas
4 koppies melk
2 pakkies instant pudding (Vanilla)
Rasper met grof kant al die Oreo koekies.
Meng Instant pudding met melk.
Voeg maaskaas by.
Vat ‘n diep glas bak en pak ‘n laag gerasperde koekies dan helfde van die poedingmengsel.
Maak sulke lae en heel laaste strooi van die Oreo koekies oor.
Die hele geheim van dit is die rasper van die koekies en dit moet die swart oreo koekies wees.
POTTING SOIL POEDING
2 pakke swart Oreo-koekies (dis nou boksies, daar is 4 pakkie binne elke boksie)
250 g-bakkie gladde, gewone maaskaas
500 ml melk
1 pakkie kitspoeding (vanilla)
Rasper die Oreo-koekies met die growwe kant van die rooster. Meng die kitspoeding met die melk en voeg die maaskaas by. Meng goed. Gebruik ‘n diep glasbak en pak ‘n derde van die koekies op die bodem, dan ‘n derde van die poedingmengsel, dan nog ‘n laag koekies, en so aan. Eindig met ‘n laag poeding. Sprinkel ‘n bietjie van die gerasperde koekies bo-oor. Verkoel in die yskas tot opdiening.






