


LEANDRI SE STEAK IN ROOM SOUS
Bron en Foto: Leandri van der Bank
2de Foto: Thelma Gair
FOOD LOVERS RECIPES
6 stukke tenderised steak
500 ml room
1 pakkie bruin uie sop poeier
½ pakkie sampioene, gehalveer
1 yellow/green/redpepper, in skywe gesny
1 ui, in ringe gesny
2 koppies gerasperde kaas
Sit steak in oodpan en gooi klaar speserye op (onthou die sop poeier het baie sout in).
Pak nou die sampioene, uie en pepper om en op die steak
Meng die room met die sop poeier en giet oor steak.
Strooi nou die kaas bo-op.
Maak toe met foil en bak vir 30 – 40min op 180°C.
(As die sousie nie dik is nie kan jy steak uithaal en sousie nog bietjie in die oond oop bak)
*Banting vriendelik
PS Die steak kan vervang word met aartappel skywe vir ‘n warm aartappel gereg by braaivleis, het dit al so gedoen.






