

BEESBRISKET KERRIE
1 kilo brisket, opgesny in klein stukkies
3 uie, gesny
8 medium aartappels, in kwarte gesny
Kerriemengsel:
2 eetlepels kerrie
1 eetlepel borrie
1 teelepel growwe koljander
3 teelepel braaivleis speserye
3 eetlepels appelkooskonfyt
¼ koppie wit asyn
Braai stukkies brisket tot bruin, haal uit en hou een kant tot al die vleis klaar gebraai is. Braai die gesnyde uie in dieselfde kastrol tot bruin, sit vleis terug in kastrol en kook tot sag, gooi maar bietjies bietjies water by. Voeg die aartappels by vleis en kook tot dit sag is. Maak die kerriemengsel aan (ek gebruik regte kerrie by enige goeie speserye handelaar), en voeg by pot, roer deur en prut vir paar min tot kerriemengsel gaar is.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk






