


WILMA SE MIELIEBROOD
Resep en foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
Heerlike Diabetiese Mieliebrood
2 koppies koekmeel
2 koppies mieliemeel
4 teelepels bakpoeier
2 blikkies pitmielies in water
2 blikkies suikermielies (sweetcorn)
150 ml Xylitol
3 groot eiers
1 koppie melk
100 ml kookolie
Knippie sout
Meng die droë bestandele goed deur. Meng die eiers, kookolie en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Voeg die pitmielies en suikermielies by. Meng alles goed saam. Laat rus eenkant.
Was die blikkies goed uit, smeer lekker dik met botter en bespuit met Cook and Spray.
Skep die mengsel tot driekwart in die blikkies. Maak ‘n dekseltjie van foelie en trek oor die blikkie se opening. Bind vas met ‘n stukkie tou. Laat sak in ‘n pot kokende water tot die blikkie halfpad in die water is. Kook vinnig vir 1 uur tot gaar. Bedien warm met botter.
Lewer 8 mieliebroodjies in blikkies. Dit vries baie goed!






