



VINNIGE SJOKOLADEKOEK – SLEGS 7 MIN IN DIE MIKROGOLF
1 koppie suiker
1 koppie bruismeel
4 eetlepels olie
3 eetlepels kakao
2 eiers
1 koppie kookwater
Klits als saam en bak in mikrogolf op hoog vir 7 min, laat staan in mikrogolf 10 min(baie belangrik moet nie die deur oop maak voor die tyd om is nie)
Laat bietjie afkoel.
Versier na smaak.
Foto: Marietjie Groenewald en Rosie Roberts
2de foto: Venita Van Wyk – Ek het 1 gebak, maar in my silicone pan. Die ding het so gerys, dat ek dit in 2 gesny het en vulsel ingesit het. Dit was regtig ‘n GROOT koek!

Foto: Louise Groenewald (Versiering: Heerlike sjokolade versiersel van Foodloversrecipes)
https://www.foodloversrecipes.com/2014/04/heerlike-sjokolade-versiersel/






