

VIER LAAG SJOKOLADE KOEK MET MERINGUE
Sjokolade MAYONNAISE KOEK
2 koppies koekmeel
½ koppie kakao
1 ½ teelepels koeksoda
¼ teelepel sout
1 koppie suiker
¾ koppie mayonnaise
1 koppie water
1 teelepel vanilla geursel
Sif die meel, kakao, koeksoda en sout. Room die suiker, mayonnaise, water en vanilla. Voeg droë bestanddele by die geroomdemengsel; roer tot goed gemeng. Skep beslag in gesmeerde en meelbestrooide laag koek panne (of ‘n 9- x 13 duim pan). Bak teen 180 ° C. vir ongeveer 25 minute.
Gebruik 2 panne en sny dan elke laag middeldeur om 4 lae te kry.
BRON- Annelie van der Merwe-Kruger
https://www.foodloversrecipes.com/2014/03/chocolate-mayonnaise-cake/
NELLA SE SKUIMPIES (MERINGUES)
Hierdie een is n TREFFER…Ek maak dit gereeld.
Ek gee enkel beslag…jy kan (vermeerder soos nodig) maar glo my….hy maak heelwat…
1 groot eierwit
1 koppie strooisuiker
30 ml kookwater
15 ml asyn
2 ml bakpoeier
Plaas alles (behalwe bakpoeier) in mengbak. Klits totdat stywe punte vorm. onthou hy lyk taai, vou bakpoeier en kleursel met metaal lepel in. Gebruik versierspuit om vorms te maak. onthou dit rys omtrent 2 x die grootte. Bak 1 en half uur op 100 ºC.
Maak hierdie resep 2 keer en bak 3 ringe meringue vir die koek
BRON: Nella Rossouw
https://www.foodloversrecipes.com/2016/05/nella-se-skuimpies-meringues/
SUPER MAKLIKE GANACHE
250 ml vars room
250 g sjokolade
Meng room en sjokolade saam. Plaas in ‘n bak en mikrogolf vir + – 30 sekondes. Roer en voortgaan totdat sjokolade gesmelt. Verkoel vir minstens 2 uur voor gebruik, oornag is beter. Vir ‘n meer dikker consistancy gebruik 200 ml room plaas.
BRON: Jeanne-Mari van Wyk
https://www.foodloversrecipes.com/2015/07/super-easy-ganache/
Samevoeging van koek
Ek het tussen elke laag karamel gesmeer om die lae bymekaar te hou. Daar is vier lae Sjokolade koeke en drie Meringue. So jy eindig met Sjokolade koek. Dan het ek die ganache oor gegiet.
In die toekoms sal ek eerder roomkaas gebruik om die soet van die koek te breek tussen die lae ipv karamel.
Foto: Marika Tegmann






