

PETRE SE GEBRAAIDE RYSSLAAI
(30 porsies)
4 koppies rys
botter/margarien
2 pakkies spek stukkies
4 medium uie, gekap
½ soetrissie, in blokkies
2 blikkies gesnipperde sampioene, gedreineer
2 teelepels Spice for Rice
Braai uie en spek tot gaar.
Braai rou rys in botter tot ligbruin, voeg spice for rice by en braai goed deur.
Bedek rys met water en kook tor sag en dreineer.
Voeg die res van bestanddele by en meng goed.
Bedien warm of koud.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld







geskuif