

MARIETTE SE “DRIP” SJOKOLADE KOEK
My drip koek het toe nie fantasties uitgekom nie, maar ek sal met die tyd hom oefen tot hy reg uitkom.
Gewone botterversiersel
Ganache drip
Koek resep :
(8 – 10 porsies)
130 g (140 ml) botter
275 ml water
45 g kakaopoeier
280 g (500 ml) koekmeel
5 ml koeksoda
400 g (475 ml) strooisuiker
2 eiers
125 ml karringmelk
1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap botterversiersel
500 g sagte botter
650 g versiersuiker, gesif
45 ml kakaopoeier
10 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg kakao by en meng. Sif meel, koeksoda en suiker saam. Meng eiers, karringmelk en vanieljesaadjies. Voeg botter en
karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Spuit twee koekpanne van sowat 20 cm in
deursnee met kleefwerende kossproei. Voer uit met bakpapier en spuit weer. Verdeel beslag eweredig tussen panne. Bak 40 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat in pan afkoel vir 10 minute, keer uit op afkoelrak en laat heeltemal afkoel. Sny elke koek in 2 lae (sien stap vir stap).
Resep geplaas deur Mariette Marais
Foto: Mariette Marais
WENK:
Yolandie Olech ‘n drip koek is oor die algemeen baie tricky … volgende keer sny jou bo laag dat hy net mooi gelyk is en jou versiersuiker ‘n “hoek” kant het, dan gebruik sommer ‘n oud tamatie sous botter, daardie met die dun punt voor, dit werk perfek. Omring jou koek se bolaag met ‘n ring eers, wag tot dit styf is. dan vul jy hom… amper soos wanneer jy royal icing koekies versier. na dat jy dit gevul het kan jy jou drup werk doen. so val als nie onhanteerbaar oor die kante nie 🙂 andersins dink ek jy het ‘n stunning werk gedoen






