LEANNE SE KUDU FILLET OP DIE KOLE
Eerste keer wat ons kudu fillet braai. Het n paar idees gevat en dit was ongelooflik lekker. Kon nie glo dis wildsvleis nie. Ek het dit oornag gemarineer in Knorr Greek Salad Dressing. Het uie, knoffel, bacon en spring onion gebraai en dit laat afkoel en toe feta kaas daarin verkrummel. Die fillet gestop daarmee en in spek toegedraai en vasgesteek met tandestokkies. Ons het dit op die vuur gebraai en gereeld basting sous gesmeer.
Die kole was nie so warm soos wat jy steak op sou braai nie, ons het dit oor matige kole gebraai en heelwat gedraai sodat die bacon nie brand nie.
RESEP EN FOTO: Leanne Thurston Coetzer
Geskuif