


CECIL SE TUISGEMAAKTE BURGERS
Patties:
800 g maalvleis
1 teelepel knoffel
2 eetlepels broodkrummels
1 teelepel paprika
Sout en peper na smaak
Meng alles en vorm pattie, maak gaar op ‘n riffel pan.
Klein tamaties
1 ui opgekap
1 teelepel knoffel
Braai die uie en knoffel in bietjie olyf olie tot deurskynend en voeg die tamatietjies by, roerbraai tot tamaties begin oopbars.
Burgers:
Brood rolletjies in twee gesny
Patties (gegeur met worcestersous)
Kaas
Botter
Mayonnaise
Om die burger te bou smeer mayonnaise op die broodrolletjie, sit ‘n pattie bo-op, dan ‘n plakkie kaas en dan die tamatiemengsel. As jy baie honger is, kan jy die lae herhaal.
Sit die ander deel van die broodrol bo-op en geniet
Resep en foto: Cecil Dunhin






