LAURA SE BEESSTERT BREDIE
Omtrent 30 ml kook olie
2 beessterte – omtrent 1.5 kg
1 middelslag ui
½ green pepper
2 huisies knoffel
2 loerier blare
2 groot wortels
30 ml worcestersous
15 ml tamatie pasta (ek verkies die een in ‘n tube)
Goeie beef stock soos Ina Paarman of 1 beef stock pot aangemaak in 500 ml kookwater
1.5 l kookwater, (of 750 ml rooi wyn en 750 water)
2 tamaties
1 pakkie baby marrow
1 pakkie wit mushrooms (as jy wil)
So 4 middelslag aartappels
Baie swaar oond pot (eg la creuset)
Ek braise my oxtail mooi bruin so: ek sit olie in my pot en as lekker warm is, paar oxtails op ‘n slag (ek wil nie dat dit kook nie so ek hou my pot droog), ek braise deur dit te braai en nou en dan een keer wocester sous, volgende keer stock mix om die pot te deglaze soos ek braai, terwyl ek dit braise gooi ek my ui, greenpepper, garlic en wortel in, jy sal sien ‘n lekker bruin sousetigheid begin te vorm, druk die tamaties uit in die pot (my ma het my so geleer) – jy sit nie die hele tamatie in nie, jy druk hom uit. Nou kan jy bietjie sout en pepper insit. Sit water in sê om so 5 cm van die pot te dek, sit deksel op en nou kan dit prut op die stoof of in oond. Ek verkies oond, so 160 grade. Kyk elke uur en gooi nog water in. Ek like dit nie om die beesstert te verdrink nie, so ek gooi eerder water by soos nodig elke uur. Na 3.5 ure kan jy aartappels in kwarte (breede nie lengte gesny) in sit maar voel eers die grootste stukke oxtail moet messie maklik kan deur steek maar nog te taai om reg te wees, na ‘n uur moet beesstert redelik amper reg wees, sit mushrooms (in kwarte) & baby marrow in 4 cm stukke) in, as dit nou te waterig is kan jy bietjie koekmeel met bisto insit, terug in oond vir laaste +/- 45 minute.
Ek bedien dit op rys, stamp mielies of polenta
Resep geplaas deur Laura Lombard