
HOE OM “SUGAR ART” OP FONDANT TE PLAK
Peggy Devine
Meng CMC poeier met water en gebruik dit as glue
Anita Rossouw
Ek gebruik wit cooking chocolate. Smelt dit en plak dan sugar art vas.
Alida Keown
Gebruik so 1 ml CMC wat jy oplos en in so 10 vodka dan kan jy die gom lank hou, as jy water gebruik kan die gom sleg raak as dit lank staan. Ek gebruik ‘n naellak botteltjie.
Nicolette Fick
wit sjokolade word vinnig hard so dit laat jou sugar art vinnig vassit, ek het al probleme daarmee gehad as dit baie warm is want dit smelt ook vinnig. Ek smelt ‘n lepeltjie fondant met so ‘n lepel water in die mikrogolf, net so een draai op ‘n slag en dan roer. Dit maak so ‘n dikkerige gel wat jy kan gebruik vir gom. Jy sal dalk jou sugar art eers moet stut met toothpicks tot dit hard word. Die heel beste is royal icing, dit word vinnig hard en hou forever. Sterkte met jou projek!
Nadia Hope
Ek versier troukoeke en gebruik royal icing om die goedjies mee vas te plak. Klits een eierwit styf met ‘n eletriese menger en voeg so koppie of meer GESIFTE versiersuiker by terwyl jy klits. Sit bietjie daarvan aan die blommetjie of wat jy wil plak, druk dit vir so rukkie vas op die koek en laat dit self droog word.
FOTO: Sa-eeda Daniels






