

GIDEON SE TUISGEBAKTE HOENDERPASTEITJIES
1 heel hoender
2 uie grof gesny
2 eiers geklits
2 rolle skilfekors deeg
2 eetlepel blatjang
1 teelepel rissievlokkies
½ teelepel suurlemoen swartpeper
½ teelepel sout
1 pakkie romerige sampioensoppoeier
Kook die heel hoender saam met die uie asook n bietjie sout en rissievlokkies tot gaar.
Laat afkoel en verwyder alle bene.
Breek die hoendervleis in stukkies en meng saam met die sous wat in die pot is.
Meng die pakkie soppoeier met n bietjie water + – ‘n 3/4 koppie, voeg dit by die vleis saam met al die ander bestanddele behalwe die eiers en die deeg.
Rol die deeg redelik dun uit op ‘n meeloppervlak en druk sirkels met ‘n koppie of drukker wat groot genoeg is vir die pannetjies wat jy gaan gebruik.
Plaas die sirkels in die pannetjies en dan ook die vulsel binne in.
Smeer die rande met die geklitste eier.
En plaas nog ‘n sirkel bo op en druk vas met ‘n vurk.
Smeer die res van die geklitste eier bo op die pasteitjies.
Ek het met die res van die vleis en deeg sommer ‘n groter pastei ook gemaak.
Die sirkels wat ek gedruk het was omtrent 100mm in deursnee.
Bak dit in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 20 —- 25 min.
Resep Gideon Louw
Foto Gideon Louw







done