


FANIE SE VANILLA OF LEMOENKOEK
2 koppies koekmeel
100 ml sonneblomolie
1 koppie water of lemoensap
knippie sout
1.5 koppies suiker
2.5 ml bakpoeier
2.5 ml vanilla essense of lemoenessense
4 eiers
Verroom eiergele, vanilla essense en suiker.
Voeg by water, olie, sout en klits goed.
Voeg meel by en klits.
Vou eenkant geklitste eierwitte in saam met bakpoeier.
Verdeel in 2 standaard koekpanne en bak op 170°C vir 25 min. Toets met toetspen want oonde bak nie almal dieselfde nie.
Bron en Foto: Fanie Smit
2de Foto: Charleen Nieuwenhuizen






