FANIE SE ONTBYT GLASIES
Vir dié van julle wat ontbyt bedien vir die gesin.
Wynglas gevul met jogurt na keuse onder in glas. Lagie muesli na keuse. Lagie vars gesniperde vrugte. Lagie jogurt heelbo en garneer met vrugte. Ek het aarbeirosies gesny met kontrasterende Swart druiwekorrel. Eenvoudig en mooi vir Valentynsdag se ontbyt.
FOTO EN RESEP: Fanie Smit