

HEERLIKE BOBOTIEGEREG UIT KOOK EN GENIET
2 uie
kookolie
1 kg maalvleis
1 sny brood
125 ml melk
15 ml kerriepoeier
1 ½ eetlepel suiker
10 ml sout
2.5 ml peper
7.5 ml borrie
30 ml asyn
125 ml rosyne en 4 lourierblare – opsioneel
45 ml blatjang
Bolaag:
125 ml melk
2 eiers
Voorverhit die oond tot 180°C.
Braai die uie en maalvleis in ‘n warm pan met olie tot gaar.
Week die brood in die melk, wanneer die brood deurweek is, druk die melk uit en maak die brood fyn.
Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak en skep die mengsel in ‘n oondbak.
Bak die gereg vir 45 min tot 1 uur in die voorverhitte oond.
Klop die eier en melk vir die bolaag saam en giet oor die gereg ‘n halfuur voor dit uit die oond kom.
Sit voor met geelrys en blatjang.
Resep getoets en foto: Lana Veltman







Geskuif