

AMANDELTEELTJIES
2 eierwitte
125 ml strooisuiker
100 g botter, gesmelt en afgekoel
120 ml koekmeel
2 ml vanillageursel
100 g amandelvlokkies
versiersuiker in siffie vir opdiening
Klop eierwitte en strooisuiker vir sowat 2 minute met vurk of houtlepel.
Roer die botter geleidelik by. Sif die meel oor die mengsel en meng tot glad.
Vou die geursel en amandelvlokkies by die mengsel in. Bedek en laat vir paar ‘n minute staan.
Gebruik ‘n groot bakplaat sonder randte – of gebruik die agter kant van ‘n gewone bakplaat – smeer die plaat baie goed met gesmelte botter. Skep teelepelsvol van die beslag sowat 75 mm uitmekaar op die pakplaat.
Sprei die deeg met ‘n nat vurk uit tot dun teeltjies van sowat 40 mm.
Bak die deeg ongeveer 6 minute in ‘n voorverhitte oond by 190ºC.
Hou dit goed dop – bak totdat die randte ligbruin verkleur.
Laat die koekies vir 2 sekondes op die bakplaat afkoel.
Maak dit onmiddelik met ‘n metaal spatel los van die bakplaat en fatsoneer die koekie oor ‘n tolstok om ‘n teeltjie te vorm.
Plaas dit op ‘n afkoelrak sodra dit hanteerbaar is en bietjie afgekoel het.
Sif versiersuiker oor die teeltjies voor opdiening.
Resep en foto: Petro van Genderen







Done