ALTA SE EIER ROULADE
3 eiers
2 eetlepels water
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Klits goed, voeg by:
fyngekapte ui
rooi belpeper
pietersielie
(so eetlepel vol van elk)
Ek gebruik n klein pannetjie, kleinbortjie grote, dan verdeel dit om 3 omelette te maak.
Bak eenkant van omelette, keer om en bak ander kant, keer uit op bord, rasper bietjie kaas in en rol op.
Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk