


ADRI SE BYBELSTUDIE MELKTERT:
2 koppies melk
1 koppie klapper
4 eiers, geskei
1 teelepel vanielje
½ koppie meel
8 eetlepels sagte botter (120 ml)
¾ koppie suiker
knippie sout
kaneel
Klop die eierwit tot styf.
Meng die res van die bestanddele.
Vou die eierwit liggies in.
Sit in pan en strooi kaneel oor.
Bak vir 45 minute teen 180 grade C.
Skud dit en as dit drillerig voorkom, bak vir ‘n verdere 5 minute.
FOTOS: Petra Nel







My familie/gesin het nie veel van die melktert gehou nie en gesê dit proe meer soos ‘n kruising tussen ‘n melktert en ‘n Sultan’s/Wonder tert
As jy van dit soeter hou kan jy meer suiker byvoeg