WAT IS KREMETART
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende
Kremetart is ‘n byproduk van ‘n kremetart boom het ek mos altyd gedink. Maar toe ek dieper in die dinge ingaan sien ek mos my persepsie was heeltemal verkeerd gewees. Om my nuutgevonde kennis te toets het ek my vrou gevra waarvan word kremetart (Cream of Tartar) gemaak was haar antwoord aan my gewees, natuurlik van die kremetartboom.
Kremetart is ‘n suiwer natuurlike produk wat agterbly nadat druiwesap in wyn gefermenteer het. Daar is ook ‘n ander produk wat van wyn gekry word nadat die wyn in vate verouder het en dit is Wynsteensuur. Dit klink nie baie insiggewend nie maar as ons na die engelse woord gaan kyk begin dit sin maak. Wynsteensuur in Engels is Tartaric Acid, en ek vermoed dit is kremetart wat gelos word om saam met die wyn te verouder na ‘n suur toe.
Maar terug na Kremetart. Kremetart word is die hoofbestanddeel in bakpoeier, en dit is ‘n rys agent (rising agent). ‘n Ander doel van kremetart is dat dit ook gebruik kan word om eierwitte te stabiliseer. In gemmerbier word kremetart ook gebruik en dit is om die gistingsproses aan te help.
Hier volg nou ‘n paar nuttige wenke wat onthou kan word wanneer kremetart gebruik word:
• Gebruik sowat 1/8 ste teelepel kremetart per eierwit wanneer soufflés en meringues gemaak word.
• Gebruik kremetart om koperware skoongemaak word. Maak die kremetart met water aan tot pasta en skuur dan die koper met die pasta skoon.
• Wanneer kremetart in ‘n lig dugte houer gebêre word kan dit baie lank gebêre word.
• Indien jy nie kremetart het nie, gebruik ‘n ¼ teelepel suurlemoensap of asyn om een eierwit te stabiliseer. Onthou net dat die smaak van die dis verander kan word as jy suurlemoensap of asyn gebruik.
• Kremetart wat saam met bakpoeier in ‘n resep gebruik word, dien as dubbel rys agent.
• Indien die resep kremetart vereis en jy nie kremetart het nie. Jy moet 1 teelepel bakpoeier vir elke ½ teelepel kremetart gebruik.
Mag julle hierdie kennis gebruik in julle gebak.