THELMA SE HAMBURGER BRAAI
3 kg maer maalvleis
1 groot ui gerasper
250 g pattie maker van Freddie Hirch spices
1 koppie yswater
¼ koppie Worcestershire sous
¼ koppie soya sous
Braaivleis speserye en Aromat na smaak. (Pasop vir te veel anders is die pattie te sout.)
Meng alles goed deur.
Vorm patties met jou hand of met die pattie maker. Ons gebruik die een wat jy die patties kan vul. Dit werk goed as jy hom met blokkies kaas vul.
Braai oor matige kole tot gaar. Bou dan jou burger volgens smaak.
Bron en foto: Thelma En Wessel DuPreez