

ALBERT SE WATERBLOMMETJIEBREDIE
2 kg skaap skenkel (op gesaag)
2 kg waterblommetjies
1 kg uie, gekap
1 kg aartappels, in blokkies
1 koppie blatjang
1 of 2 eetlepels suurlemoensap
15 ml fyn gedrukte knoffel
So maak mens:
Braai die uie en skaap saam totdat dit ‘n mooi diep goudbruin kleur het.
In dieselfde pot, bedek met water en kook vir ± 1:30.
Gooi nou die aartappels en 1 kg waterblommetjies by en kook vir 30 minute of totdat die aartappels sag begin word.
Gooi nou die ander kg waterblommetjies, asook die blatjang en suurlemoensap by, roer goed deur, kook nog 15 minute. Proe en verstel die sout en peper.
Haal van die hitte af, laat afkoel, plaas oornag in die yskas.
More-aand, verhit en eet saam met rys met wiggies suurlemoen op die kant.
(kan dieselfde aand geëet word, maar dit is lekkerder as dit ‘n dag gestaan het)
Bron en foto: Albert Buitenhuis






