

TASCHA SE KOOLFRIKADELLE
Resep en foto: Natascha de Jongh
FOOD LOVERS RECIPES
Blansjeer heel koolblare sodat jy dit maklik kan hanteer.
Frikkadelle:
1 kg maalvleis
2 uie, fyngerasper
¼ koppie melk
2 eiers
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels blatjang
1 teelepel sout
bietjie peper
1 teelepel kerriepoeier
2 teelepels Aromat
1 eetlepel suurlemoensap
Meng alles goed.
Vorm balletjies, ek het redelike grotes gemaak en rol toe in die koolblare.
Pak in ‘n bak wat ‘n deksel het en bak by 200°C tot gaar en blare sag. (Ek het die sous in die bak afgegooi en sous met dit gemaak deur dit dik te maak met Bisto en meel.)
Strooi gerasperde Cheddar kaas oor en bak nog ‘n rukkie tot kaas gesmelt en mooi goud bruin is.
Heerlik!!







geskuif