

JOE SE GEBAKTE SJOKOLADE POEDING
Verhit jou oond 180°C.
1 koppie bruismeel(of 1 x koppie gewone koekmeel met 1 teelepel bakpoeier)
½ koppie suiker
30 ml kakao poeier
80 g gesmelte botter
1 groot eier
½ koppie melk
10 ml Vanilla geursel
Sous:
½ koppie suiker
1 ¼ koppie kook water
30 ml kakao poeier
5 ml Vanilla geursel
Sif en meng die droë bestanddele saam.
Klits die botter, eier, vanilla geursel en melk saam.
Giet die droë bestanddele by die botter mengsel.
Gooi in 20 cm bakpan/koekpan (goed uit gespuit met cook and spray) en versprei egalig.
Maak jou sous aan en meng al die bestanddele todat alle klonte opgelos is.
Giet dan die sous oor ‘n groot lepel bo op die poedingmengsel en bak vir 30 to 40 min.
Geniet saam roomys/vla/en of vars vrugte met room.
Resep geplaas deur Joe Astle
Foto: Joe Astle






