

TANNIE DOLLIE SE MAASKAASTERT
1 pakkie tennis beskuitjies, fyn gemaak
50 g margarien of botter gesmelt
Meng die beskuitjies en smeer en druk plat in ‘n tertbak, plaas eenkant.
Meng:
4 teelepels hoogvol gelatien
3 eetlepels water
Plaas die gelatienmengsel in ‘n koppie binne in ‘n bakkie warmwater om die gelatien op te los, plas eenkant.
100 ml suurlemoensap
1 suurlemoen se skil, gerasper
1 blik kondensmelk
½ koppie suiker
1 teelepel vanillageursel
375 g fyn ongegeurde maaskaas
375 ml room, styf geklop
Klits die suurlemoensap, skil en kondensmelk tot styf, voeg die suiker, gesmelte gelatien en vanila by, klits aanhoudend. Voeg die maaskaas by en klits deur. Vou laastens die styfgeklopte room by die suurlemoenmengsel in. Giet die vulsel in die kors en verkoel.
Variasies – voeg ‘n blikkie granadillapulp of ‘n blikkie fynpynappel, gedreineer by.
Resep geplaas en foto: Elsje Stander







geskuif