HOTDOGS ALA SANCHÉ
(vir 8 persone… 1 elk)
8 worsbroodjies
8 rooiworsies
1 eetlepel mayonaise
1 eetlepel mosterd (ek gebruik die in bierbeker)
1 groot ui
3 groterige tamaties
1 pakkie Potatobake, enige geur na smaak
1 pakkie sampioensous (Knorr)
3 opgehoopte teelepels koekmeel
500 ml melk
± 3 koppies kaas
sprietuie vir garnering
Sny gleuf in worsbroodjie en pak in oondvaste bak.
Meng mayonaise en mosterd en smeer broodjies daarmee.
Sit worsie in elke broodjie.
Braai tamatie en ui.
Skep oor worsie in broodjie.
Maak dikkerige sous met melk, potato bake, sampioensous, koekmeel en klontjie botter – kook saam tot ‘n lekker dik sous.
Giet oor broodjies.
Strooi kaas oor en garneer met sprietuie.
Bak in oond teen 180°C vir 30 min.
Bedien met mengelslaai of slaai van u keuse.
Geniet.
Bron en foto: Sanché Vermaak