

SPESIALE PANNEKOEK
3 eiers
1 ½ koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knypie sout
3 eetlepels brandewyn
3 eetlepels gesmelte botter
2 koppies melk of water (verkieslik water)
Breek die eiers in ‘n glasbak en klop dit goed saam met die brandewyn.
Sif die droë bestanddele by en dan die water of melk en laastens die botter.
Bak en geniet.
(Dit is eintlik die brandewyn wat die geheim is)
Resep geplaas deur Petra Nel (Ge-erf van my ma)
Foto: Petra Nel






