

SJOKOLADE GRONDBOONTJIEBOTTER RICE KRISPIE KOEKIES
CHOCOLATE PEANUT BUTTER RISE TREATS
Heerlik vir die soet-tand en peanut-liefhebbers.
Soos ek sny het die kinders begin eet. Het net betyds gekeer om foto te kan neem 😊
2 koppies grondboontjiebotter
3 koppies malvalekkers (die klein wittes)
3 koppies Rice Krispies
1 – 1 ½ koppies M&M’s
½ koppie Nutella en
½ koppie grondboontjiebotter
In pot oor medium hitte, smelt grondboontjiebotter en voeg malvalekker by.
Roer aanhoudend.
Verlaag hitte en kook tot alles gesmelt is.
Voeg Rice Krispies en so ½ koppie M&M’s by.
Sit in gesmeerde vierkant bak en druk vas.
Verhit Nutella effens in mikrogolf oond om maklik bo-oor te smeer.
Verhit dan ½ koppie grondboontjiebotter in mikrogolf oond en “drizzle” oor, strooi laaste M&M’s oor.
Sit in yskas 2-4 ure. Sny in blokkies.
Foto: Frances Smith






