


SARIE SE PLAATKOEKIES
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml suiker
2 eiers
250 ml karringmelk
2,5 ml vanieljegeursel
15 ml botter vir braai
Sif meel , bakpoeier , sout en suiker saam en maak n holte in die middel . Klits eiers , karringmelk en vanielje saam en klits dit dan by die meel-mengsel tot glad . Verhit n pan met die botter en skep lepels vol beslag in die pan en braai albei kante tot bruin . ek het strawberrie jam en geklitste room met bietjie versiersuiker by geklits .
Foto: Petro Van Genderen






