ROOMPOFFERTJIES
250 ml kookwater
125 ml margarien
250 ml gesifte koekmeelblom
2ml sout
4 eiers (Groot)
Gooi kookwater in kastrol, roer margarien by. Wanneer vloeistof vinnig opkook voeg meel en sout by. Roer mengsel vinnig met houtlepel, tot deeg sagte bal vorm. Daar moet niks deeg aan kante van kastrol vaskleef nie. Klop vir 1 minuut, laat vir 5 min afkoel. Voeg eiers een vir een by.. Klop goed na elke byvoeging.
Skep teelepels vol op gesmeerde bakplaat. Bak vir 10 min by 220 grade C en dan vir 25 min by 180 grade C. Haal uit oond en maak snytjie aan kant van poffertjie dat stoom ontsnap. Vul met styfgeklitste room of vulsel na eie keuse. Bedek elke poffertjie met gesmelte sjokolade.
Bron en Foto: Cathy Henstock-Scholtz