NATHALIE SE TUNA OOP BROODJIES
Blikkie tuna jy kan 1 of 2 vat hang af hoeveel mense.
Jy meng dan Nola se Sandwich Mayonnaise by dit.
Ek sny n ui baie fyn en meng dit daarby.
Ek rasper dan kaas daarby sit dit op Botter gesmeerde Brood.
Dan bak ek dit in die Oond vir so 7/8 minute op 180c.
Jy kan spring onion ook ingooi.
Ek sny gewoonlik olywe ook bo op na dit uit die oond gekom het.
Hier kan jy lekker broodjies bou met jou eie smaak.
Resep en foto: Nathalie Coen