

MARLIZE SE SKOTSE EIERS
6 Meduim hardgekookte eiers
6 Escort Vark Worsies
Meel
Cajun Hoender spesyre
Haal vel van varkworsies af.
Meng Cajun spesyre met meel. Rol eiers in meel. Vou n vark worsie om elke eier. Rol weer in meel.
Sit in Vrieskas vir n half uur.
Diep braai tot goud bruin.
Laat afkoel en sny in die helfte.
Kan nie onthou waar ek die resep gekry het nie.
Lekker vir skool kosblik. Onthou om ekstra te maak anders is daar niks vir skoolkosblik nie.
NOTA: Meel jou hande maar kort kort want dit kan nogal vassit aan jou hande. Ek druk dit weer mooi rond as almal klaar gemeel is voor ek dit in die vrieskas sit.
Bron en Foto: Marlize Williams






