

JUDY SE KLAM VANILLA KOEK
375 ml suiker
6 groot eiers
500 ml koekmeel
45 ml maziena
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 ml sout
5 ml vanilla geursel
375 ml warm melk
60 ml sonneblomolie
Klits suiker en eiers tot lig en romerig. Sif die droë bestanddele saam en vou in die eiermengsel.Meng melk, olie en geursel en vou dit in die deeg.
Verdeel die deeg beslag in 2 gesmeerde panne van 20 cm en bak vir 25-30minute by 180 ºC tot gaar. Haal uit oond en laat afkoel.
Jy gebruik net een koek. Sny een koek in drie lae maar jy gebruik net twee
Plaas een laag terug in pan, smeer sjokolade mousse oor en plaas ander laag bo op.
Plaas in yskas om te set.
Haal koek uit yskas en gooi ‘n koffie simpel syrup(resep onder) oor boonste koek.
Haal uit pan en doen dieselfde op die onderste deel.
Maak sjokolade ganache en bedek koek daarmee.
Plaas die beskuitjies rondom. Sit dan vrugte van jou keuse op met sjokolade shavings oor.
Vervang die maizina met kakao poeier vir sjokolade koek.
STROOP
Hier is die resep. Gelyke hoeveelheid water en suiker. Plaas op stoof en laat kook tot suiker opgelos is. Voeg 1 teelepel kitskoffie poeier by. Gebruik net ‘n halwe koppie water en halwe koppie suiker.
Is nie nodig vir baie stroop nie.
Bedrup die koeke met stroop nie nat nie net klam..
FOTO EN RESEP: Judy Kruger






