MACARONI EN KAAS HAM PASTEI
Bestanddele:
3 koppies gerasperde Cheddarkaas
1 koppie gesnyde ham (in blokkies)
1 koppie rou elmboog macaroni
2 ¼ koppie melk
2 eiers
**½ koppie Original Bisquick mengsel = ½ koppie meel, 1 teelepel bakpoeier, 1 eetlepel botter (meng meel en bakpoeier en vryf botter met jou vingers in – dit is bisquick mix)
¼ teelepel sout
Gekapte vars pietersielie (opsioneel)
Verhit oond tot 200 C. Spray 10-duim grootte bak met spray en cook.
1. In groot bak, meng 2 koppies van die kaas, die ham en rou macaroni. Versprei dit in jou bak
2. Meng die melk en eiers tot glad.
3. Voeg Bisquick mengsel en sout by en meng tot glad.
4. Gooi oor die mengsel in tertbak.
5. Bak 35 tot 40 minute of tot mes plaas in die middel skoon uitkom.
6. Besprinkel met oorblywende kaas.
7. Plaas terug in die oond en ak 1 tot 2 minute of langer totdat kaas gesmelt is.
8. Laat staan 10 minute voor bediening.
**Besprinkel met pietersielie.♫
Foto – Lelane vd Walt