

KOFFIE EN KARAMELTERT
KOFFIEVLA
750 ml melk
150 ml maizena
375 ml witsuiker, verkieslik strooisuiker.
200 g sagte botter
2 teelepels vanilla
2 eetlepels koffiepoeier
Meng die Maizena met ongeveer 200ml van die melk tot n gladde pasta.
Verhit die orige melk met die K
koffiepoeier tot sterk lou. Gooi die pastamengsel by en roer tot kookpunt hou aan roer. Kook vir so 2 min. En koel af tot lou in n waterbad.
Klits die suiker en botter en vaniila saam tot lig en donsig en klits die vlavulsel by en klits lekker deur. Hou eenkant.
2 Pakkies Tennisbeskuitjies
Gekapte Neute en gerasperde sjokolade vir versiering. (opsioneel).
KARAMEL
1 koppie suiker
Halwe koppie water
1 koppie room
2 teelepel vanilla
Knippie Sout
Verhit die water, sout en suiker saam oor medium hitte tot die suiker gesmelt is en “swirl” die pot af en toe om eweredige smelt te verseker. Moenie n lepel daarin druk nie anders sandsuiker dit. Kook die water af en laat karameliseer tot neutkleurig. Voeg die room bietjies bietjies by tot dit dik en mooi glad is. Voeg die vanilla by en swirl deur.
Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies onder in n bak so 3 x 3 koekies groot.
Gooi ‘n dun lagie karamel oor en ‘n derde van die vlavulsel. Maak gelyk en herhaal die proses hierbo tot al die bestanddele klaar is. Sprinkel neute en sjokolade en gefrummelde tennisbeskuitjies oor. Verkoel so 4 ure in die yskas.
Foto en resep: Frikkie Jones






