KARAMEL EN KOEKIEPOEDING
Koekielaag
1 x 200 g Pak Nutty Crust-koekies grofgekap
60 ml Klapper
60 ml Grondboontjie Neute grofgekap
1 x 397 g Blik Clover-Karamel Kondensmelk
1 x 380 g Ingedampte Melk, Koud
2,5 ml Vanieljegeursel
Karamellaag
1 x 80g-Pakkie Granadilla Jellie
5 ml Gelatien
250 ml Kookwater
5 Vars granadilla vrug
Afronding
250 ml Clover vars room
10 ml Versiersuiker, gesif
2,5 ml Vanieljegeursel
Metode
1. Koekielaag: Meng al die droë bestanddele saam en hou eenkant
2. Karamellaag: Meng die Granadilla Jellie en Gelatien saam. Voeg die kook water by en roer tot opgelos. Plaas die mengsel soland in die yskas om af te koel, maar moenie dat dit stol nie.
3. Gebruik ‘n elektriese klitser om die verkoelde ingedampte melk te klits tot dit verdubbel in volume.
4. Roer caramel kondensmelk tot glad en klits dit by die styfgeklitse ingedampte melkmengsel. Roer die vanieljegeursel deur.
5. Voeg die jelliemengsel en die vars Granadillas by die kondensmelkmengsel en meng goed.
6. Skep eetlepels vol van die gekapte koekiemengsel in ses glase of glasbakkies. Skep van die jellie en kondensmelkmegsel oor die koekies. Herhaal die lae tot al die bestanddele op is.
7. Plaas die mengsel vir 5 uur in die yskas om te stol.
8. Afronding: Klits die room, versiersuiker en vanieljegeursel tot styf.
9. Dien die poeding saam met die styfgeklitste room op.
Bron en Foto: Marika Tegmann
Dit is baie lekker. Nie so soet as wat ek gedink het dit sou wees nie. Die vars Granadillas breek die ergste soet smaak. Probeer gerus. Wat ook nie solank om te maak nie. Die resep sê 5 ure maar myne was reg na twee ure.