

GIDEON SE EIERGEVULDE KAASMUFFINS
Kook 6 eiers vir 4 minute en laat afkoel en dop af
Meng 1 1/2 koppie gesifte bruismeel .
Een koppie gerasperde parmasaankaas ( ek het nie gehad nie en sommer chedder gebruik )
en ook n handvol gekapte pietersielie ( ek het nie gehad nie en droe pietersielie gebruik )
Meng n 3/4 koppie melk en 1/2 koppie gesmelte botter en voeg by die droe bestandele
Ek het sommer my silikoon panne gebruik
Vul die bakkies met twee eetlepels van die beslag, plaas dan n eier bo op in die middel en bedek die eiers in elke bakkie met die ander beslag
Bak teen 190 grade C vir 25 — 30 min
Ek het sommer met stukkies grasuie gegarneer
Foto: Gideon Louw






