JOHAN SE “TRIPPLE FRIED” AARTAPPELTJIES
Die aartappels word geskil en in blokkies omtrent 3 x 3cm gesny, dan slaap hulle oornag in water in die yskas. Voor hulle gediepbraai word dreineer jy eers die water goed af en braai 20 minute (olie omtrent 140grade), laat afkoel en braai weer 10 minute. Laatweer afkoel en braai dan so 5 minute in olie van 180 grade. Maar ek dink ons speserye het ook baie met die smaak te doen. Jy kan ook sout en asyn of enige ander lekker speserye gebruik.
RESEP: Johan Smal