INDIVIDUELE PASTEIE IN BAKKIES MET DEEGDOPPIE OP
Hierdie lyk mooi om voor te sit vir ‘n spesiale geleentheid.
Gebruik jou gunsteling pasteivulsel van hoender of vleis en goeie gehalte blaardeeg (puff pastry). Gebruik ‘n bakkie wat effens groter as die bakkie is waarin jy dit wil bak om die deegdoppies mee uit te druk.
Skep bakkies driekwart vol. Moenie te vol maak nie, anders bak dit uit of loop dit oor.
Plaas uitgedrukte deegdop bo-op die bakkies en druk vas met jou hande rondom die bakkie. Moenie bo-op druk nie, net om die kante. Verf liggies met geklitste eier. Plaas ‘n fatsoentjie wat uit oorskietdeeg gesny is op, indien verkies. Verf ook die versieringtjie met eier. Druk dan ‘n gaatjie in die middel met ‘n skerp mes sodat die stoom dan ontsnap as dit bak. Druk die gaatjie in die deeg na jy dit geverf het met eier, anders verf jy die gaatjie toe.
Bak in ‘n warm oond (200 – 220*C) vir plus-minus 30 minute. Ek het 9 bakkies op ‘n slag gebak en die oond vas dus baie vol en dit het omtrent 35 minute geneem. Dalk korter as oond nie so vol is nie of as jy ‘n waaier-oond het. Ek moes deurdruk en het 60 gebak
Bron en Foto: Louise Groenewald