HILDA SE MAKLIKE VARKTJOPPIES
Mash, peas and devine pork😊
Varksoussie
6 Varktjops
4 Eetlepels gemaalde ui
3/4 koppie Water
1/4 teelepel Peper
1/4 teelepel Kaneel
1/4 teelepel Peri-Peri (optioneel)
3 eetlepels Asyn
2 eetlepels Meelblom
2 eetlepels Worcestersous
1 koppie Tamatiesous
knippie sout
knippie naeltjies
Metode :
1. Braai tjops lekker bruin. Sit in oondbak.
2. Meng res van bestanddele en kook 2-3 minute.
3. Skep sous oor vleis. Maak toe en sit in oond .
bak so 30 min @ 160 grade.
Ek maak dit sommer in braaipan.
Resep en foto: Hilda Kruger
2de foto: Rina Kleinhans
Baie lekker ek het die sous bietjie meer gemaak want ons hou van baie sous, en ek het hom in die oond gebak, vir 1 uur by 160 grade en toe oopgemaak en nog so rukkie by 180 grade dat hy mooi kleur kry…
Sal dit weer maak 🙂