FRANS SE LEKKER HOENDERLEWERS
Ek het die hoenderlewergereg jare gelede by n tannie gekry.
Braai uie in olie. Braai hoenderlewer. Braai gemaalde spek. Braai alles saam tot goed gaar.
Sny ‘n groen appel of twee in blokkies en braai saam vir ‘n paar minute.
Die appel werk soos ‘n bom saam met die geure. Sout en pepper.
Gooi baie paprika oor. Jy kan amper nie genoeg paprika oorgooi.
Braai nog n rukkie en bedien. Glo my dit is ‘n wenner.
RESEP: Frans van Rensburg