


DIRK SE LEKKER FUDGE KOEK
Foto en resep geplaas deur Ronell Visser Gouws
2de foto: Hilda Kruger
FOOD LOVERS RECIPES
1½ koppie suiker
½ koppie kakao
1½ teelepel koeksoda
2 koppies koekmeel
¾ teelepel sout
1½ teelepel vanilla geursel
¾ koppie kookolie
1½ koppies water
1½ teelepel wit asyn
Oond 180 ºC.
Pan grootte 9 × 3 (ongeveer 23 cm). Pan moet ongespuit wees.
Meng die nat bestanddele met die droë bestanddele tot gladde mengsel.
Bak vir 25 minute by 180ºC.
Versier met jou keuse van versiersel bv karamel kondensmelk en klapper, geklopte room, ganache ens. Wees versigtig, die koek is baie klam so moenie te stywe versiersel probeer oorsmeer nie.
Ek het 150 g sjokolade, 150 g malvalekker en 1 houer room saam gesmelt en bo-oor gesmeer.
Ek het hierdie resep gister op Facebook gekry en gebak met die hulp van Rina Kleinhans en hier is die resultaat. Dankie Dirk vir die resep. Heerlike klam koek.






